Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jarelange inwoner vier 100 j.

Tannie Baby Steyn, ’n inwoner van Huis Sorgvry in Reitz, het onlangs haar 100ste verjaardag gevier.

Sy is op 3 Februarie 1920 as Magrietha Jacoba van Sittert in die Reitz-distrik gebore. Op 31 Mei 1941 is sy met Kerneels Steyn, ’n boer van Reitz, getroud.

Sy het ’n dogter, Arina Lei­mecke, wat ook ’n inwoner by Huis Sorgvry se woonstelle is.

Tannie Baby-hulle het in November 1985 in ’n woonstel by Huis Sorgvry ingetrek. Nadat Kerneels oorlede is, is tannie Baby as 87-jarige in die afdeling vir verswaktes opgeneem.

Tannie Baby was die jongste dogter in haar gesin, daarom is sy “Baby” genoem.

Sy het twee kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Sy is al 35 jaar deel van Huis Sorgvry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.