Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jesus is altyd by jou

Jesus leef saam met ons.

Hy is saam met die vrou in die bouvallige huis wat sukkel om te oorleef.

Saam met die ryk sakeman wat elke dag transaksie op transaksie sluit.

Die vrou en kinders wat ly onder ’n pa wat sy vuiste nie kan beheer nie.

Diegene wat vir die hoeveelste keer by die hospitaal instap.

Hy is saam met die gesin wat by ’n oop graf huil.

Hulle moet hoor:

Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken God by ons.

Matteus 1:23

God het nie net vir ’n blitsbesoekie na Betlehem gekom nie. Hy het nie net vir ’n uur die sieke in die hospitaal kom besoek, net om daarna weer die deur agter Hom toe te trek nie.

Hy het nie net gekom om ons omstandighede vir ’n tydjie met sy teenwoordigheid op te vrolik, net om ons weer dieselfde te los nie.

maar daarna is alles maar presies soos dit tevore was nie. Nee, Hy is by ons – vir elke oomblik van die lewe.

Hoor wat belowe Hy:

“Leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” (Matteus 28:20)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.