Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
jhjhjhjhjhjhjhjhj

Wanneer krieket jou passie is en die sport deur jou are vloei, byt die opponente gewoonlik in die stof.

Dit het die jong belowende krieketspeler 15-jarige BJ Pelser, van Kroonstad, oor en oor reeds bewys. Dit is die jongman se droom om eendag op Nasionale vlak die land in die sport te verteenwoordig.

BJ ’n graad 9-leerling draf al reeds vir die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool), se eerste krieketspan uit. Hy is baie bevoorreg om saam met sy broer Zander Pelser, wat tans in matriek is, saam vir hulle skool se eerste krieketspan te speel. ’n Geleentheid wat vir min beskore is. Hy speel ook huidiglik vir die skool se o.15 A krieketspan.

Hy het ‘n ingebore krieket talent en op die jong ouderdom van vyf reeds die krieketveld aangedurf en is deur verskeie bekwame krieketafrigters afrig.

In graad 7 is hy vir die eerste keer vir die Vrystaat krieketspan gekies. Die mannetjie blink uit as bouler en kolwer.

Boonop is hy ‘n veelsydige sportman wat reeds op verskeie vlakke in krieket, hokkie, rugby en atletiek presteer het.

Op laerskool het hy in graad 6 en 7 vir die Griffon’s rugbyspanne uitgedraf. Verlede jaar is hy vir die Noord-Vrystaat hokkiespan en vir die Vrystaat platteland krieketspan gekies.

In graad 8 het hy egter sy krieket en hokkie bo rugby verkies en sedert dien vaar hy baie goed in beide sporte.

Hoogtepunte in sy jong sportloopbaan is natuurlik die feit dat hy op laerskool sy skool op Nasionale vlak in die 150 m verteenwoordig het, en natuurlik om vir die Vrystaat krieketspan uit te draf, is heel bo aan sy prestasielys.

BJ glo om te presteer moet mens baie hard werk. Die jong man besef al reeds dat mens daagliks leer en daardeur probeer hy homself verbeter. Tydens die grendeltyd het hy gaan draf en by hulle tuis- gimnasium geoefen om fiks te bly.

Hy kan egter nie wag dat dinge terugkeer na normaal om weer sy merk op die krieketveld te maak nie. Die beskeie jongman is ongelooflik dankbaar vir sy talente van Bo wat hy met soveel oorgawe en passie uitleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.