Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Joggie gee weer hoop

Daar is vir my niks meer hartverblydend as om te sien hoe mense goed is vir mekaar nie.

Die afgelope week volg ek die storie van die petroljoggie in Khayelitsha wat verlede Donderdagoggend by die vulstasie langs die N2-hoofweg in die Wes-Kaap waar hy as petroljoggie werk, R100 se brandstof in ’n kliënt se motor ingegooi en self daarvoor betaal het sodat sy veilig by ’n kliënt in Tuine, Kaapstad, kon uitkom.

Die kliënt het eers nadat sy by die vulstasie vir brandstof stilgehou het, tot haar ontsteltenis besef dat sy nie haar bankkaart by haar het nie.

Die petroljoggie het tot haar redding gekom.

’n Projek is begin om geld vir die petroljoggie in te samel ná sy vrygewige daad.

Teen Maandagoggend het die skarefinansieringsplatform reeds ’n ongelooflike R362 233 vir hom ingesamel.

In Xhosa is die petroljoggie se naam Nkosikho, wat beteken “God lewe”.

Hy het gesê sy bedoeling was nooit om enige erkenning of betaling te kry vir dit wat hy gedoen het nie.

Stories soos hierdie laat my weer hoop kry vir die mense van ons land.

En net soos die petroljoggie in ’n onderhoud sê, hoop ek dit steek by elkeen van ons vas: “Ons moet in dié land na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.