Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong boere stap voor met fakkel

Dit is ’n riem onder die hart wanneer ’n mens besef hoe positief en opgewonde jong boere in die Vrystaat oor die landboubedryf se toekoms is.

Al vyf die finaliste van die Jongboer van die jaar-kompetisie, wat deur Vrystaat Landbou aangebied word, is optimisties en toon ’n groot passie vir hul werk.

Ons boere is immers verantwoordelik vir voedselsekerheid en werkskepping in die bedryf; dit ondanks uitdagings soos die bedreiging van plaasmoorde en diefstal wat hulle daagliks moet trotseer.

In die veranderende tye is die jong boere met hul vernuwende denke broodnodig in die bedryf.

Dit is goed om te sien dat die jong boere saam met ontluikende boere die bul by die horings wil pak om volhoubaarheid in die landboubedryf te skep. Dit is passie en harde werk, met dag en nag se sweet, wat hulle so suksesvol maak.

Dit het ons sedert die begin van die Covid-19-pandemie beleef. Om te verseker dat ons almal kos op die tafel het, het die landboubedryf nie vir ’n minuut tot stilstand gekom nie.

Tegnologie, skeppendheid, nuwe denke, aanpasbaarheid en baie harde werk is wat die jong geslag boere reeds vroeg sukses laat proe.

Dit is tog jammer dat ’n mens die indruk kry dat die regering nie regtig voldoende waarde aan ons landboubedryf heg nie, en dat heelwat sal getuig dat hulle ervaar boere ontvang min of geen ondersteuning van die regering se kant.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.