Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong boere van Oos-VS wil verskil maak

Drie jong boere van die Oos-Vrystaat – Nant Yzel, Douglas Osler en Annalea van Niekerk – tel vanjaar onder die vyf finaliste in Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die jaar-kompetisie.

Dit is vanjaar die 25ste keer dat dié kompetisie aangebied word.

Volgens Prof. Pieter Fourie, sameroeper van die beoordelaars en hoof van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se departement van landbou, is al vyf kandidate sterk finaliste.

Beoordelaars het die finaliste reeds in Februarie besoek, maar weens die Covid- 19-pandemie sou die wenner eers gister (13/04) aangewys word.

Deelnemers is volgens toekomsbeeld, begroting en finansies, produksie, bemarking, instandhouding, personeelbestuur en gemeenskaps­betrokkenheid beoordeel.

Herman Janse van Rensburg van Arlington, die vorige wenner van die kompetisie, moedig jong boere aan om met passie te boer. Hy glo elke geleentheid wat oor ’n boer se pad kom, moet ten volle aangegryp word om daadwerklik ’n verskil in die bedryf te maak.

Osler, ’n appelboer van Fouriesburg, glo aan die beginsel van wat jy saai, sal jy maai.

Van Niekerk, ’n beesboer van Reitz, sê sy wil graag ’n verskil maak en hoop aan jong boere gee.

Volgens Yzel, ’n saaiboer van Marquard, is jong boere baie belangrik vir voedsel­sekerheid en die skep van werkgeleenthede op die platteland.

Jimmy Roberts, ’n vee-, saai- en wildboer van Hertzogville, en Louis de Jager, ’n veeboer van Wepener, is die ander twee finaliste.

  • Teen VrystaatKroon se druktyd was die wenner nog nie bekend nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.