Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jou lewe is God se kunswerk

Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. (1 Johannes 2:2)

Een van sy vriende wys op ’n keer aan John Ruskin, ’n bekende 18de-eeuse skilder, ’n sakdoek wat met ’n donker inkkol gevlek is. Hy sê: “Met dié sakdoek kan niks nou uitgerig word nie; dit is absoluut waardeloos.”

Ruskin antwoord hom nie daarop nie, maar vra of hy die sakdoek kan leen.

’n Ruk later stuur hy die sakdoek terug. Tot sy vriend se groot verbasing kan hy dit skaars herken. van sy vriend kon hy dit skaars herken.

Op ’n vindingryke en kunstige wyse het Ruskin met swart ink ’n ontwerp – met die oorspronklike inkkol as grondslag – op die sakdoek geskilder.

Sodoende het hy die sakdoek waardevoller as ooit tevore gemaak.

’n Lewe bevlek met sonde is nie noodwendig ’n nuttelose of waardelose lewe nie.

Jesus Christus kan ’n lewe wat deur sonde bevlek en beskadig is, deur die werking van sy Heilige Gees weer mooi en waardevol maak.

Hy is die een wat ons saak by God bepleit, en Hy het die reg om dit te doen.

Juis hiervoor het Hy na die wêreld gekom.

Die mens wat nie waarlik deur Jesus se verlossing geraak word nie, moet weer ’n keer dink.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.