Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Kappitflou’ en help ander in streek

Die Kappitflou-projek van Maluti FM97.1, Kilometers vir Hoop, om geld in te samel vir boere in die streek wat ernstige skade gelei het weens brande wat gewoed het, begin vandag (10/10).

Die omroepers het besluit om hande met AfriForum-jeug te vat en ’n roete deur die streek met motorfietse aan te durf, as bewusmakings- en geldinsamelingsveldtog.

Motorfietsryers sal van vandag tot Vrydag (12/10) sowat 700 km aflê.

Vandag se korter roete strek van Bethlehem na Reitz, Petrus Steyn en Lindley, en dit is om kontak te maak met die boere en ander mense wat deur die brande geraak is.

’n Groter groep motorfietsryers sal Donderdag (11/10) omstreeks 07:00 vanuit Clarens ry en ’n roete volg wat verby Kestell, Harrismith en Warden strek.

Die deelnemers slaap Donderdag in Frankfort oor en ry Vrydag verder via Heilbron, Steynsrus, Rosendal, Ficksburg en Fouriesburg, terug na Bethlehem.

Die gemeenskap kan betrokke raak deur ’n motorfietsryer per kilometer te borg, en ondernemings en individue kan mekaar regstreeks op die lug uitdaag om skenkings te doen.

Ywerige motorfietsryers kan ook met inskryfgeld van R500 aan die roete deelneem.

Kappitflou is ’n veldtog wat in 2017 deur Maluti FM97.1 gestig is om tydens ’n deurnag-uitsaai­marathon geld vir beguns­tigdes in te samel. Hiertydens daag omroepers mense uit om geld vir iets te skenk.

Vanjaar se ander begunstigde van die Kappitflou-projek is dié radiostasie se junior sportster van die jaar, Juwade Karels, ’n gr. 7-leerling aan die Laerskool Jordania, wat in Desember rugby in Ierland gaan speel.

In 2017 was die begunstigdes die plaaslike DBV, Solidariteit se Helpende Hand en die Bethlehem Kinder- en Gesinsorgvereniging.

Verlede jaar is R70 000 vir dié organisasies ingesamel.

  • Bel Phillip Heymans by 079-493-1710 of Biemba Mielmann by 084-670-5147 vir meer inligting.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.