Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kapteins sê hul sê

Craven van der Nest, kaptein van Witteberg se eerste rugbyspan: Op so ’n dag kan ’n mens nie anders as om ’n knop in jou keel te kry van al die trots wat uit jou wil bars nie. Hier is ons, Derby 2018!

My wens vir elke Witteberg-speler is dat elkeen sy uiterste bes sal doen en met trots van die veld stap. Ek laat julle met dié gedagte: “The whole world steps aside for the man who knows where he is going”.

Mag hierdie aanhaling vir elke speler as motivering dien.

Stefan van Rooyen, kaptein van Voortrekker se eerste rugbyspan: Verder het ek in hierdie wêreld gesien: Dit is nie die vinnigstes wat die resies wen nie, nie die sterkstes wat die oorlog wen nie, nie die met wysheid wat kos het nie, nie die wat kennis het met wie dit goed gaan nie. Alles word bepaal deur tyd en geleentheid. – Prediker 9:11

Sterkte aan albei skole se spanne. Ons span sien baie uit, veral omdat dit baie van ons se laaste derby sal wees. Ons glo ons sal die tyd en geleentheid tot die beste van ons vermoë gebruik.

Dit is ’n voorreg om deel te wees van so ’n span en ook van so ’n besonderse skool.

Niché Odendaal, kaptein van Witteberg se eerste meisieshokkiespan: Ons, die gr. 12’s van 2018, sal Saterdag vir oulaas die voorreg van dié derby smaak.

Mag jou Witteberg-derbyherinneringe vuurmaakhout vir jou oudag wees.

BVHS – ons wens julle sterkte toe, asook ’n geseënde dag op jul sportvelde. Mag elkeen toegerus word deur die krag van ons Hemelse Vader.

My team, give it your all, play with your heart and enjoy each moment. “Persistence can change failure into extraordinary achievement.” – Marv Levy

Marlé Claassen, kaptein van Voortrekker se eerste meisieshokkiespan: “You don’t get what you wish for, you get what you work for.”

Met ’n wonderlike span, afrigter en spangees wat skrik vir niks, het ons ure lank voorberei; nie omdat ons net wil wen nie, maar omdat dit ’n passie vir elkeen van ons is, omdat ons talent gekry het en, belangrikste van alles, omdat ons vir God speel. Mag almal goeie sportmangees toepas, met ’n dankbare hart speel en elke oomblik geniet.

Melindie Kleynhans, kaptein van Witteberg se eerste netbalspan: Ons bloed is blou en wat ’n voorreg is dit vir ons as netbalfamilie om op 2018 se derbydag ons skool trots te maak.

Aan my spanmaats: Dankie vir lojaliteit, deursettings­vermoë en kameraadskap. Aan elke ander span, ons staan agter julle. Bring on the thunder! Genade, seën en vreugde wens ek almal toe.

Mila van Wyk, kaptein van Voortrekker se eerste netbalspan: “Love is playing every game as if it’s your last.” – Michael Jordan.

Vir baie van ons is dit nog ’n laaste. Wat ’n voorreg om deel te wees van so ’n ongelooflike skool en span. Mag ons liefde vir netbal Saterdag seëvier.

Baie sterkte aan al die spanne, mag alles wat ons doen tot eer van Sy naam strek. #Trekkertrots

Kingsley Mosia, kaptein van Witteberg se eerste seunshokkiespan: Coming together was the beginning; keeping together was a process; working together is always a success. We have the strength of a rugby player, stamina of a marathon runner and the concentration of a brain surgeon.

It is a great honour to be part of this great team that has been formed through the love of our brotherhood, so let us put our trust in the Lord. To every team playing, I wish you the best of luck. To my team: Never stop until you are proud.

Derrick Allison, kaptein van Voortrekker se eerste seunshokkiespan:Wat ’n voorreg om as maats en mededingers ons gesondheid, talente en vaardighede te vier. Baie sterkte aan al die spanne, mag alles wat ons doen tot eer van ons Skepper wees.

To my team mates: Let us show our “Trekkertrots” by doing our best, but most of all enjoy every moment.

“Put your heart, mind and soul into even your smallest acts. This is the secret of success.” – Swami Sivananda

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.