Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Karatekas presteer

Lede van die Komodo Dragons-karateklub het op Saterdag 8 Junie verskeie medaljes op die Super League Cheetah Challenge in Bloemfontein gewen.

Dié karatekas van Kestell en Reitz het teen strawwe kompetisie meegeding van so ver as die Kaap en Botswana.

Die byeenkoms het by Tempe se sportsentrum plaasgevind.

Timothy Mudavanhu het ’n goue medalje in die kata-afdeling vir seuns sewe jaar, wit gordel behaal.

Sensei Rickus Weihmann het ’n bronsmedalje in die kata-afdeling vir mans senior ope gewen.

Senpai Annchen Weihmann het in die kategorieë vir meisiekadette en junior ope deelgeneem en het ’n goue medalje in die kata-afdeling gewen en ’n silwer medalje vir die kumite-afdeling.

Weihmann het ook prysgeld met ’n trofee ontvang met die goue medalje wat sy verwerf het in die ope afdeling.

Lede van die klub het hul onlangse gradering geslaag wat van pre-geel 1, pre-geel 2 tot geel 2 gewissel het.

Dié karatekas is Thabo Moloi, Maronei van Heerden, Ayanda Lekotjolo, Farai Mudavanhu, Rethabile Leripa, Rethabisitswe Leripa, Timothy Mudavanhu, Tebello Moloi, Reabetswe Moloi, Casper Swarts, Herman Odendaal en Kenny van Coller.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.