Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Karatekas ryg medaljes in

Lede van die Bethlehem-karateklub het die medaljes ingeryg op byeenkomste wat in Johannesburg en Bloemfontein gehou is.

Op die nasionale kampioenskapsbyeenkoms van die Japan Karate Shoto-federasie in Suid-Afrika (JKS), wat op 27 April in Johannesburg aangebied is, het karatekas van oor die land heen meegeding.

Vyf lede van die Bethlehem-karateklub het medaljes verwerf.

Nicke Wachter, die dogter van sensei Gerhard Wachter, spog met ’n goue medalje in die kata-afdeling, sowel as die kumite-afdeling.

Gerhard sê hy is trots op sy dogter se prestasie in haar eerste kompetisie: “Dit was ’n fantastiese uitslag in ’n sterk afdeling”.

Gideon Grove het ’n brons­medalje in die kata-afdeling verwerf.

Liam Craven het ’n silwer­medalje in die kumite-afdeling verwerf, terwyl Corné du Preez ’n bronsmedalje, ook in dié afdeling, gewen het.

Nathan Helm het ’n silwer­medalje vir kata ontvang en ’n brons­medalje vir kumite.

Op 13 April het twee karatekas van die klub aan Karate Suid-Afrika (KSA) se ligakampioenskapsbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem.

Die tien topatlete in Suid-Afrika in elke afdeling van die kompetisie het meegeding.

Altwee Bethlehem-karatekas het in die kumite-afdeling deelgeneem volgens gewig en ouderdom.

Thabo Kubheka het ’n brons­medalje gewen en Corné du Preez ’n silwermedalje.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.