Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Karatekas ryg medaljes in

Vyf lede van die Bethlehem-karateklub het op Saterdag 24 Augustus as deel van die Vrystaat-span aan Karate Suid-Afrika (KSA) se nasionale ontwikkelingskampioenskapsbyeenkoms deelgeneem.

Dié byeenkoms het by die Durban Universiteit van Tegnologie plaasgevind.

Die kompetisie was op ontwikkelingsatlete gefokus. Karatekas van oor die land heen het deelgeneem.

Die karatekas het aan die kata-afdeling in ouderdomsgroep en in die kumite-afdeling in ouderdom- en gewigsgroep deelgeneem.

Die volgende karatekas het medaljes verower:

  • Hanré Dreyer: brons vir kata (seuns 10/11 jaar) en goud vir kumite (seuns 10/11 jaar, onder 45 kg);
  • Annemie van Tonder: brons vir kata (meisies 14/15 jaar) en silwer vir kumite (meisies 14/15 jaar oor 54 kg);
  • Louis Lategan: silwer vir kata (seuns 12/13 jaar);
  • Julia de Klerk: brons vir kumite (meisies 12/13 jaar, oor 47 kg); en
  • Gideon Grove: brons vir kata (seuns 12/13 jaar).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.