Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Karatekas spog met gordels

Die Komodo Dragons-karateklub het sy laaste graderingsgeleenthede vir die jaar gehou, waarop sowat 28 karatekas presteer het.

Een geleentheid is op 13 November in Kestell gehou en die ander op 14 November in Reitz.

“Almal het gewys dat harde werk altyd beloon word. Ons is baie trots op hulle en sien uit na ’n baie opwindende en besige 2020,” het Esmei Weihmann, sekretaresse van die klub, gesê.

Leoni Fick is die enigste karateka wat na die groen 1-gordel gradeer het en George Kriel na die 7de Kyu-oranje-gordel.

Die drie karatekas wat na die oranje 1-gordel gradeer het, is Casper Swarts, Herman Odendaal en Kenny van Coller.

Drie lede het na die geel 2-gordel gradeer. Hulle is Reabe­tswe Moloi, Tebello Moloi en Thabo Moloi.

Altesaam vyf karatekas het na die geel 1-gordel gradeer. Dié vyf is Rethabile Leripa, Rethabisitswe Leripa, Ayanda Lekotjolo, Farai Mudavanhu en Timothy Muda­vanhu.

Justin Ferreira, TJ Ferreira, Drian Oosthuizen, Janco Oosthuizen en Pieter Willem Cronje het na die pre-geel 2-gordel gradeer.

Die ses karatekas wat na die pre-geel 1-gordel gradeer het, is Keketso Forane, Johan Horn, Bennie Smit, Hercus Viljoen, Juandre Horn en Lee Ainslie.

Vier karatekas het na die Little Dragons rooi 1-gordel gradeer. Hulle is Buckler van den Berg, Nienke Venter, Siyamthanda Mlangeni en Liyema Dyosi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.