Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Keiser moet deel doen

Dit is wonderlik om in die koerant te lees van al die opknappingsprojekte in die verskeie dorpe in ons streek, van almal wat hande vat om hul omgewing meer leefbaar te maak.

Ons is dankbaar vir elkeen in elke dorp wat dié positiewe gesindheid toon.

Gebrekkige dienslewering oor die Vrystaat heen bly egter ’n groot bekommernis.

Die voortslepende rioolprobleme in Kroonstad is egter niks nuuts nie.

Rou riool word in die rivier gestort en riolering werk so dan en wan.

Rioollekplekke is ’n probleem wat letterlik na elke nuwe jaar oorspoel.

Sal dit nou beteken dat die plaaslike munisipaliteit van die belastingbetaler gaan verwag om ook namens hulle die rioolprobleme uit te sorteer?

Gaan hulle geen verantwoordelikheid neem vir ons as belastingbetaler se regte nie?

Dit is seker ’n vraag wat al holrug gery is, maar hoekom moet ons die keiser betaal wat hom toekom as die keiser nie sy deel doen nie?

Die gedagte spook daagliks by my.

Weer eens dankie vir al die inwoners, ondernemings en organisasies wat hande vat om te probeer red wat daar te redde is.

Anoniem,
kroonstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.