Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kerke pas aan by krisis

Die gevreesde koronavirus bekend as Covid-19 het kerke op hul knieë.

Kerkrade oor die land heen moes vinnig planne beraam nadat pres. Cyril Ramaphosa op 15 Maart ’n verbod op byeenkomste van meer as 100 mense geplaas het.

Die NG kerke in Bethlehem het op 16 Maart ’n vergadering gehou om die situasie te bespreek en met werk­bare oplossings vorendag te kom.

’n ROp is die volgende besluite geneem rakende die NG Kerke se eredienste.

Die Ring het besluit om alle eredienste tot ná Paasnaweek af te stel.

Geen NG gemeente in Bethlehem sal dus op Sondae formele eredienste aanbied nie.

Die dankdiens wat op Woensdag 18 Maart in die Moederkerk sou plaasvind, is ook afgestel.

Eredienste word nou Sondae om 09:30 op Maluti FM97.1 uitgesaai.

Ds. Dougy Bubb van die NG kerk Efrata het die eerste diens gelei.

Sondag (29/03) sal ds. Tertius Lamprecht die diens waarneem, op 5 April ds. Gideon Lamprecht en op Goeie Vrydag, 10 April, om 08:00 sal dr. Hannes de Kock die boodskap lewer. Ds. Riaan van Zyl of ds. Joe Muller sal die diens op 12 April waarneem.

Alle ander kerknuus sal per WhatsApp- of SMS-boodskap en deur Facebook gedeel word.

Hospitaalbesoeke deur predikante sal volgens die riglyne van die onderskeie hospitale geskied.

Begrafnisse en huweliks­bevestigings geskied ook binne die raamwerk van die wet, wat beteken dat minder as 100 mense die geleenthede mag bywoon. Dit sal ook slegs voortgaan as dit waarlik onvermydelik is.

Die NG kerkrade is dit eens dat alles gedoen moet word om te verhoed dat mense aan die virus blootgestel word van mening dat hulle alles in hul vermoë sal doen om te verhoed dat enigiemand, en neem verantwoordelikheid om die verspreiding sover moontlik te bekamp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.