Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kerkleiers nog beter toegerus

Ná vier jaar van teologiese opleiding het 15 kerkleiers van Reitz op 11 November hul sertifikate ten tyde van ’n erediens van die NG kerk Reitz ontvang.

Dié nie-formele sertifikate is deur die Veritas-kollege uitgereik.

Die kursus is ontwerp om kerkleiers en gelowiges toe te rus om die Bybel op ’n verantwoordelike manier te vertolk en in ’n hedendaagse konteks toe te pas.

In die vier jaar is die soeklig op die verskillende soorte boeke in die Bybel geplaas. Daar is onder meer briewe, historiese boeke, digwerk en wysheidsliteratuur, asook die boeke van profete en evangeliste in die Bybel.

Die Veritas-kollege het sowat 14 000 studente van Afrika en van ander lande oor die wêreld heen. Die hoofkantoor is in Australië, met ’n groot kantoor in Stellenbosch. Die kursus is in Engels, Afrikaans en in talle Afrikatale beskikbaar.

Die 15 kerkleiers wat hul sertifikate ontvang het, verteenwoordig 14 verskillende kerke in Petsana. Dié kerkleiers is ook leiers in hul gemeenskap en werk onder meer nou met die polisie saam om knelpunte aan te spreek. Hul kennis stel hulle in staat om met vertroue op te tree en die lede van die gemeenskap ontwikkel agting vir dié leiding van die kerk.

Twee van die studente ontvang nou opleiding om as fasiliteerders van die Veritas-kollege te kwalifiseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.