Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kestell-kommando hys nuwe vlag

Die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem het op 28 Oktober ’n Voortrekker-kommando gestig en die kommando-vlag bekend gestel.

“Die Voortrekkers het sy ontstaan eintlik vroeër as 1931 gehad, wat as die amptelike stigtingsdatum bekend staan. Iemand met ’n verbintenis tot die skool se naam het in 1920 al saam met Vader Visser, stigterslid, in die Vrystaat by die stigting van Die Voortrekkers betrokke geraak,” het Willie Engelbrecht, gebiedsleier van die Vrystaatse Voortrekkers, gesê.

“Die eerste kommando is in Bloemfontein by die Hoërskool Sentraal gestig, waar ds. J.D. Kestell betrokke was.”

Engelbrecht het gesê dit is wonderlik dat die van Kestell weer in Die Voortrekkers in die Vrystaat terug­gebring kan word.

Volgens Thian Heyns, leier van die Drakensberg-oord, dink hy eerste aan die kinders wanneer hy aan Voortrekker-wees dink.

“Ek dink aan elke liewe penkop en drawwertjie.

“Die Voortrekkers is die hartklop van elke kind wat van dié organisasie deel is,” het Heyns gesê.

“Voortrekkers is gemik daarop om ons kinders positief te beïnvloed; om hulle van positiewe burgerskap en opregte Afrikanerskap te leer.

“Dit leer hulle om diensbaar te wees en hul liefde vir hul land, volk, medemens en die Here uit te leef.”

Heyns het gesê hy is “kinderlik opgewonde” oor die positiwiteit by Truida Kestell.

“Dit is lekker om ’n jongspan van meer as 30 kinders te sien wat van dié organisasie deel wil wees. Die Voortrekkers word deel van ’n mens se DNS.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.