Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Keuses vorm die held

Helde. Hulle staan en val in die oë van dié wat hulle in die eerste plek op daardie troontjie geplaas het.

Vandeesmaand is Mandeladag gevier. Nelson Mandela – of Madiba, soos ons dié groot staatsman graag verpersoonlik – was een van die wêreld se groot helde.

’n Man wie se voorbeeld vir ons geleer het om nooit ter wille van die eie self die groter prentjie uit die oog te verloor nie. Dat in oomblikke van groot onreg, bitterheid en wraak, energie en talent vermors word en dat grootsheid in geduld lê; in gefokusde optrede en genade met jouself.

’n Mondvol. En in die dae waarin ons nou leef, is dit bykans te veel gevra. Bykans.

Want ondanks die vergrype, korrupsie en blote malligheid wat ons werklikheid geword het, wil ’n mens tog glo dat die wyshede en waardes wat aan ons helde toegedig word, steeds ’n plek in ons wêreld het. ’n Werklikheid kan wees.

Dalk kan ons tog staan vir dit waarin ons glo. Dalk kan ons tog glo dat wanneer ons ’n hutsmerk-veldtog soos #jobsssavelives aanhang en ’n restaurant se tafels en stoele uit protes in die straat uitpak, dit ’n verskil gaan maak. Dalk kan ons tog volhou om ons stem teen swak leierskap, korrupsie en plaasaanvalle te laat hoor.

Want eindelik is daar meer op die spel as ons onmiddellike gemak en bevrediging.

Vandag se keuses en optrede sal bepaal of eendag se helde die moeite werd is om te volg.Dit gaan om keuses en optrede vandag wat eendag se helde die moeite werd sal maak om te volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.