Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kies die regte fotograaf om ’n geliefde te groet

Wanneer ’n mens aan ’n professionele fotograaf dink, dink ’n mens aan troues en groot geleenthede soos verjaarsdae.

’n Mens dink selde daaraan dat ’n professionele fotograaf ook by begrafnisse gebruik kan word.

’n Mens moet versigtig kies sodat die fotograaf die nodige diskresie en profes­sionele etiek het.

Hier is ’n paar riglyne oor hoe om ’n fotograaf te kies:

Waarom ’n fotograaf gebruik?

Baie reëlings en beplanning is nodig om ’n geliefde op ’n respekvolle en mooi manier te groet.

Iemand wat weet hoe, kan dit mooi op film verewig.

Dit sal ook berusting bring om ná die tyd daarna te kyk en oomblikke te sien wat jy dalk gemis het.

Dit kan almal wat kom afskeid neem die nodige tyd gee om totsiens te sê, eerder as om die een te wees wat foto’s moet neem.

Gewoonlik bring begrafnisse mense byeen wat mekaar jare gelede gesien het, en al die begrafnisgangers kry genoeg tyd om op te vang en mekaar in dié tyd by te staan, eerder as om foto’s te neem.

Die foto’s kan ná die tyd goeie herinneringe opwek om dié mense weer te sien.

Soms kan familie of vriende nie die begrafnis bywoon nie en om foto’s vir hulle te stuur kan hulle deel van die gebeure maak.

Hoe kies ek die regte fotograaf?

Vind uit by die begrafnisondernemer; hulle sal gewoonlik van iemand weet om aan te beveel.

Baie fotograwe het ondervinding om begrafnisse af te neem, terwyl sommige dit van die hand sal wys, maar maak seker die fotograaf weet watter etiese kodes om te volg.

Dit behels byvoorbeeld om respekvol op te tree en nie die familie verder te ontstel of in die pad te wees van die program nie.

Dinge om nie rondom foto’s neem te doen nie:

Ontstellend genoeg weet sekere mense nie watter optrede reg is rondom foto’s neem op begrafnisse nie.

Vir sommige sal dit voor die hand liggend wees, maar vir sommige nie. Hier volg ’n paar wenke:

  • Moet nooit iemand by ’n begrafnis afneem sonder om eers hul toestemming te vra nie.
  • Moet nooit ’n selfie langs ’n oop kis neem nie.
  • As jy graag foto’s saam met ander mense wil neem, doen dit ná die diens of op ’n ander perseel. Groepfoto’s mag disrespekvol wees.
  • Moenie foto’s op sosiale media plaas nie. Dit is ’n private geleentheid en moet privaat gehou word.
  • Indien jy wonder of dit gepas gaan wees om iets af te neem – moet dit eerder nie doen nie.

As jy sien ’n fotograaf is in beheer van die foto’s neem, bêre jou selfoon en los dit vir die professionele mense.

Hulle gaan weet waar en wanneer om wat af te neem sonder om die familie te ontstig.

Hulle sal ook weet wat afgeneem mag word en wat nie disrespekvol mag oorkom nie.

Om ’n fotograaf te huur vir die begrafnis kan voordele inhou en onsmaaklikhede uitskakel vir die mense wat dit bywoon.

Op dié manier kan jy afskeid neem en nie bekommerd wees oor ander dinge wat gedoen of gereël moet word nie.

Gee soveel moontlik take oor aan ander mense om te hanteer sodat jy nie voel jy kon nie afskeid neem van ’n geliefde nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.