Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kies jou prooi mooi

Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. – Romeine 6:23

Eenmaal was ’n arend op soek na kos.

Hy sien ’n wesel wat in die gras rondsluip, pyl op hom af en gryp hom in sy kloue.

Die taai wesel krul homself op totdat hy die onderkant van die arend se linkervlerk kan bykom en begin met sy skerp tande aan die vleis knaag.

Die gewonde voël stoot sy angskrete die lug in en styg hoër sonder om sy prooi te laat los.

Die wesel se skerp tande deurboor egter gaandeweg die groot voël se slagaar, en spoedig word die koning van die lug se vlerke slap.

Nie lank daarna nie stort hy op die grond neer, ’n dooie arend, en laat ’n lewende wesel los.

Die arend het in hierdie geval sy prooi verkeerd gekies en met sy lewe betaal.

So gaan dit met die Christen wat sy lewensloop verkeerd kies, wat keuses maak in die lewe om verkeerde dinge te doen.

Die loon wat die sonde gee, is die dood.

Pasop vir die sonde. Jy sal ’n dure prys betaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.