Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kleinboer dood ná talle aanvalle

Die twee mans wat Donderdag (04/10) glo ’n man op ’n kleinhoewe in Senekal aangerand het waarna hy oorlede is, het Maandag (08/10) op aanklag van moord en huisroof in die hof verskyn en bly steeds in aanhouding.

Volgens sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, sal Lionel Cupido (38) en Diau Tshabalala (38) se saak weer Dinsdag (16/10) voorkom wanneer hulle aansoek om borgtog sal doen.

Johannes Madene Moloi (63) is Donderdag dood nadat hy vir die soveelste keer die slagoffer van misdaad op sy kleinhoewe was.

Volgens Piet Coetzer, ’n boer op ’n nabygeleë hoewe wat eerste op die toneel was, het hy vir Moloi met sy voete en hande vasgebind in sy huis gevind.

“Sy hoed was oor sy kop getrek en met ’n belt om sy nek vasgemaak,” sê Coetzer.

Dié twee mans het glo eers Moloi se werkers, wat in ’n woonwa op die hoewe geslaap het, aangeval.

Die aanvallers het die twee mans se hande en voete met skoenveters vasgebind en daarna die huis oopgebreek.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder sê hulle het Moloi met ’n stomp voorwerp aangerand en ’n onbekende bedrag geld geroof.

Moloi het ernstige beserings in die aanval opgedoen en is in die Phekolong-hospitaal in Bethlehem opgeneem.

Hy het egter Donderdagaand aan sy beserings beswyk.

Volgens Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid het hy traumatiese breinbeserings opgedoen.

Leona Kleynhans, ’n DA-parlementslid, het die aanval op Moloi veroordeel en simpatie met sy naasbestaandes betuig.

Kleynhans sê Moloi se dood bevestig weer die noodsaaklikheid van ’n polisie-eenheid wat hom op landelike veiligheid toespits.

Sy sê die DA verwelkom die vinnige optrede van die polisie met die inhegtenisneming van die twee verdagtes, maar dit is nie duidelik waarom nie vroeër opgetree is om Moloi te beveilig nie.

Verskeie pogings is aangewend om by sy huis in te breek en dit was reeds lankal duidelik dat sy lewe in gevaar is, sê sy.

Kleynhans sê agt mense is in die vorige boekjaar op plase in die Vrystaat vermoor en boere en plaaswerkers leef in vrees.

  • Die DA glo net spesialis-eenhede met die nodige hulpbronne sal die euwel van plaasaanvalle kan uitroei. Moloi se begrafnisreëlings was teen saktyd nog nie bekend nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.