Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klub kry nuwe leier

Giepie Craffert, die nuwe president van die Bethlehem-Rotariërs, sê dit is dié organisasie se plig om die talle behoeftige mense in die gemeenskap en in die wêreld se lewens beter te maak op verskillende wyses.

“Mag ons die leisels neem om diens aan ander bo onsself te stel, om ’n stukkie van onsself te gee en die magic van Rotary te deel,” het Craffert in sy inhuldigingstoepraak by die Groot 5-lapa in Bethlehem gesê.

Dié geleentheid is Donderdag (04/07) gehou.

Craffert het gesê hy is bevoorreg om ’n span te hê wat altyd daarna streef om die ekstra myl te loop tot voordeel van die gemeenskap.

Aan die stuur saam met Craffert is Willie Hattingh (kameraadskap), Enslin van Blerk (klubadministrasie), Theo Shannon (klubadministrasie), Eduard Marais (diensprojekte), Helen Pienaar (beursfonds en jeug), Coleen Cilliers (openbare verhoudings), Edward Jackson (geldinsameling), Leon Roos (lede en opvoedkunde), Leon van Rensburg (sekretaris), Brian Jardine (tesourier) en Juan McAlpine (Rotariërs Internasionaal).

Voordat die leisels aan Craffert oorhandig is, het die uittredende president, Herman Wessels, sy jaarverslag voorgelees, waarna hy almal bedank het vir die ondersteuning wat hy in sy ampstermyn geniet het.

Sy termyn het talle projekte opgelewer om geld in te samel. Die Pret-bakkie-uitdaging is vir die eerste keer aangebied. Ander suksesvolle projekte was hul gholfdag, die loopbaanuitstalling en die Skaapkraal-geselligheid. Hulle was ook betrokke by die Cycle Lab Maluti Double 90-fietswedren en Kilo’s vir Klompvoetjies.

Dié organisasie het donasies oorhandig aan Bethlehem Tafelronde 60, die Charlotte Theron-kinderhuis, KANSA, skole en ’n gedeelte van die bedrag vir Len du Preez se elektriese rolstoel.

Hul baadjieprojek, wat uitgebrei het tot die insameling van wintersklere en komberse, was ’n groot sukses en hul kon dié items by verskeie behoeftige instansies afgee.

“Ek wil elke lid bedank wat die pad saam met my gestap het. Dankie vir julle geduld en raad en bereidwilligheid om altyd te help,” het Wessels gesê.

Attie van den Berg is op die geleentheid as nuwe lid van die Rotariërs ingehuldig. “Ek het Attie sewe jaar gelede ontmoet en kon dadelik sien dat hy empatie het met minder bevoorregte mense. Hy is altyd die eerste ou om ’n plan te maak,” het Craffert gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.