Vyf lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem het die afgelope naweek uitstekend gevaar op die provinsiale kampioenskapsbyeenkoms wat in Bloemfontein plaasgevind het.
Die geleentheid is van Donderdag (18/02) tot Sondag by die Stadion-swembad in die stad aangebied.
Kennith Outram, Jaden Maritz en Èbet Bester het aan die vlaktwee-kampioenskap deelgeneem en Robbie Hattingh en Stephan Naudé aan die vlakdrie-kampioenskap.
Uitslae: vlak twee
- 100 m-vryslag – 1:11.64, tweede
- 50 m-rugslag – 36.98, tweede
- 50 m-vlinderslag – 34.91, eerste
- 200 m-rugslag – 2:53.80, eerste
- 50 m-vryslag – 32.76, tweede
Jaden Maritz (14):
- 50 m-borsslag – 42.15, eerste
- 100 m-vryslag – 1:12.93, derde
- 50 m-rugslag – 38.77, derde
- 200 m- individuele wisselslag – 3:08.97, eerste
- 50 m-vlinderslag – 35.43, tweede
- 100 m-borsslag – 1:38.01, eerste
- 100 m-vryslag – 1:29.26, eerste
- 50 m-vryslag – 32.69, eerste
Èbet Bester (15 tot 16):
- 100 m-vryslag – 1:19.68, sesde
- 200 m-vryslag – 2:55.29, vyfde
- 50 m-vlinderslag – 48.10, vyfde
- 100 m-vlinderslag – 1:48.52, tweede
- 50 m-vryslag – 38.70, vyfde
Uitslae: vlak drie
- 100 m-borsslag – 1:22.90, vyfde
- 50 m-rugslag – 33.21, tweede
- 100 m-vryslag – 1:00.82, derde
- 50 m-borsslag – 36.02, vierde
- 200 m- individuele wisselslag – 2:45.97, derde
Robbie Hattingh (17 tot 24):
- 200 m-vryslag – 2:12.39, derde
- 100 m-vlinderslag – 1:03.18, derde
- 100 m-vryslag – 58.80, derde
- 50 m-vlinderslag – 28.28, eerste
- 50 m-vryslag – 26.42, tweede
Intussen oefen swemmers van die klub vir die Midmar-myl-oopwaterswembyeenkoms wat op 6 en 7 Maart en op 13 en 14 Maart aangebied word.
Robbie sal vanjaar die agt myl ten bate van KANSA swem.
Enigeen wat ’n skenking hiervoor wil doen, kan Tina Nel van die Bethseals-klub by 083-459-1363 kontak.
Kennith sal die ses myl aflê.
- Die Bethseals-klub het in November 2020 sy 21ste bestaansjaar gevier.
- Benewens die deelname aan die provinsiale kampioenskapsbyeenkoms het Catherine Shephard, nog ’n lid van die klub, die naweek in die oopwaterswemkompetisie by Victoria Lake in Johannesburg geswem. Sy het die 5 km in 1:43:42 afgelê.