Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klubspanne slyp tande vir eindstryd

Bethlehem Oudskoliere 1 en Bethlehem Dorp 1 sal Saterdag (09/11) meeding om die wenner van Bethlehem-paneelkloppers se pro20-liga te bepaal.

Dié wedstryd begin om 13:30 by die Bethlehem-skouterrein.

Spanne het Saterdag (02/11) verskeie wedstryde in die Oos-Vrystaat gespeel om onder meer te bepaal wie in die eindstryd sal meeding.

In die eerste wedstryd het Bethlehem Dorp 1 die span van Qwaqwa met 8 paaltjies geklop.

Dorp 1 het in 9.2 boulbeurte 71 lopies vir die verlies van 2 paaltjies aangeteken.

Qwaqwa kon net 68 lopies in die toegelate 20 boul­beurte aanteken.

Die tweede span van die Bethlehem Dorp-krieketklub het Kestell se span met 181 lopies geklop.

Bethlehem Dorp 2 het in die toe­gelate 20 boulbeurte 230 lopies vir die verlies van 2 paaltjies aangeteken. Kestell se kolwers is almal vir 49 lopies uitgehaal.

Bethlehem Oudskoliere 1 het die span van Ficksburg met 7 paaltjies geklop. Oudskoliere het 124 lopies vir die verlies van 3 paaltjies behaal. Ficksburg was almal uit vir 119 lopies.

Bethlehem Oudskoliere 2 het die span van Masakhane met 3 paaltjies geklop.

Oudskoliere kon daarin slaag om in 14.3 boulbeurte 78 lopies vir die verlies van 7 paaltjies aan te teken.

Masakhane het 77 lopies aangeteken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.