Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Knap vrou’ laat leemte

’n Geliefde inwoner van Bethlehem is ’n week voor haar 95ste verjaardag weens Covid-19 dood.

Rina van Vuuren het op Sondag 18 Julie gesterf.

Haar seuns, Andries en Danie van Vuuren, beskryf dié plaasvrou, ma, ouma en oumagrootjie as ’n formidabele, liefdevolle en hardwerkende vrou.

Rina en haar man, Faan van Vuuren, het jare lank in Bethlehem gewoon. Faan is in 2001 oorlede.

Rina het 40 jaar lank by die Bethlehem-veilingskrale kos gemaak en haar eie kafee bedryf. Sy was bekend vir haar lekker kos en gebak, en klante was vol lof vir haar eetgoed en flinke diens.

Sy was ook jaarliks – tot in die ouderdom van 80 – by die vleistafel van haar kerk se basaar betrokke, en het gereeld op bestelling vleispasteitjies gebak.

“Ons ma se hande het vir absoluut niks verkeerd gestaan nie.”

Haar familie sê sy het ’n geseënde en gesonde lewe gelei, en reken sy was nes die Spreuke 31-vrou – knap, en meer werd as edelstene.

Rina word deur Andries en Danie, haar skoondogters, Cora en Hannie, vyf kleinkinders en sewe agterkleinkinders oorleef.

  • Haar roudiens sal Vrydag (30/07) om 11:00 in die NG kerk Bethlehem-Wes plaasvind. Ds. Riaan van Zyl sal die diens lei.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.