Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Koester tradisie

“Sportsmanship is knowing that it is a game. That we are only as good as our opponents and whether you win or lose to always give a hundred percent.” – Sue Wicks

In tye waarin die skolelandskap soos ons dit ken, snel aan die verander is, is ons Saterdag (19/05) weer bevoorreg om die jaarlikse Voortrekker-Witteberg-derby aan te bied.

Hierdie soort geleenthede word al hoe minder in Suid-Afrika en daarom moet die skolegemeenskap van Bethlehem hierdie grootse geleentheid, wat dekades se tradisie en gesonde mededinging verteenwoordig, koester en beskerm.

Wat vir my egter die heel belangrikste is, is dat letterlik elke leerling en personeellid op een of ander manier op hierdie dag betrokke is.

Dié massadeelname skep geleenthede vir ons leerlinge om te ontwikkel en te groei.

Hierin lê die waarheid opgesluit: Ons twee skole het mekaar nodig, want wedywering en mededinging lei tot groei en ontwikkeling tot voordeel van Bethlehem en sy gemeenskap.

Ek wil Voortrekker se ouers, personeel, leerlinge en borge bedank vir al die beplanning en harde werk wat nodig is om hierdie dag ’n sukses te maak.

U is voorwaar ’n wenspan saam met wie ek oorlog toe sal gaan.

’n Spesiale woord van dank aan FNB vir die groot rol wat u steeds speel om hierdie ou tradisionele skolekompetisie nog in stand te hou.

Hiermee is dit vir my ’n voorreg om elke ondersteuner van skolesport uit te nooi om die derby by te woon.

Kom geniet die spontane gees, drama en trots van ons gemeenskap se jeug.

Baie sterkte aan al die afrigters en spanne.

Onthou, as jy alles gegee het, is jy ’n ware sportman of -vrou – wen of verloor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.