Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kolhou vir diere geslaan

Vrystaat Nuus/News en die Dihlabeng Mall wil die nood by die Dierebeskermingsvereniging in Bethlehem verlig.

’n Gholfdag is op Vrydag 22 November by die Bethlehem-gholfklub aangebied en ’n gedeelte van dié gholfdag se opbrengs, altesaam R10 000, is aan die DBV geskenk.

Chantelle Cotty Bosch het namens die DBV die grootste behoeftes met die deelnemers gedeel.

“Die DBV se grootste uitgawe is die veeartsrekening. Elke dier wat by die instansie aankom, moet volgens wetgewing gesteriliseer word,” het sy gesê.

Die DBV ervaar talle uitdagings om diere oor die Oos-Vrystaat heen uit moeilike omstandighede te red.

Die brandstofkoste is hoog en die voertuig waarmee die inspekteurs ry, is op sy laaste.

“ ’n Fonds is gestig om ’n nuwe voertuig aan te koop. ’n Wa om groter diere, soos perde, te vervoer, word ook benodig,” het Cotty Bosch gesê.

Verskeie verbeteringe moet ook by die DBV se perseel aangebring word.

Materiaal om nuwe heinings vir die diere se kampe op te rig, asook teëls om hokke meer higiënies te maak en sodoende infeksie te voorkom, word benodig.

Die spelers wat die eerste drie plekke op die gholfdag behaal het, is Rian Herholdt en Danie Lombaard het met 50 punte die eerste plek op die gholfdag behaal.

Johnny Swanepoel en Deon Schoombie was tweede met 49 punte, terwyl Tienie van der Spuy en Desmond Deysel, ook met 49 punte, die derde plek behaal het.

Verskeie pryse tot die waarde van sowat R30 000 was op die spel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.