Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kombersprojek steeds ’n sukses

Die ATKV se Bethlehem-tak het komberse ingesamel om aan behoeftiges te skenk.

Weens die Covid-19-pandemie kon die organisasie nie vanjaar skole en ander ondernemings betrek om komberse in te samel nie. Danksy skenkings deur individue, was die projek nogtans ’n sukses.

Komberse en klere is aan ondernemings gegee wat dit onder behoeftiges sal versprei. Elke kombers het ’n nommer gekry. Hoe meer komberse iemand geskenk het, hoe groter was hul kans om een van vyf pryse los te slaan.

Die pryswenners is intussen aangewys:

  • Dewald Venter wen ’n midweek-wegbreek by die Klein-Kariba-vakansieoord;
  • Lené Coetzee wen ’n naweek-wegbreek by die Drakensville-oord;
  • Gert Henning wen ’n midweek-wegbreek by die Natalia-oord;
  • André van Tonder wen ’n midweek-wegbreek by die Buffelspoort-oord; en
  • Ben Pretorius wen ’n naweek-wegbreek by die Drakensville-oord.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.