Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kommer heers oor toekoms van krieket-akademies

Hy is bevrees dat Suid-Afrikaanse krieket weens die Covid-19-inperking die belangstelling van jong spelers kan verloor.

Só bieg Shukri Conrad, afrigter van Krieket Suid-Afrika (KSA) se nasionale akademie.

Met die regering en KSA wat aangekondig het dat geen klub- of skolekrieket vir die res van die jaar gespeel sal word voor ten minste die nuwe jaar nie, vrees Conrad dat kinders ander belangstellings gaan kweek.

“My seun is 11 jaar oud en nou in die winter sou hy twee middae ’n week rugby oefen, en twee middae hokkie. Al wat hy nou (met die inperking) doen, is om voor die Xbox te sit,” sê Conrad.

Dié afrigter, wat voorheen die Highveld Strikers en die Cape Cobras gebrei het, het ook gesê hy is uiters bekommerd oor die toekoms van die land se private krieketafrigters en -akademies.

“Hulle is nie amptelik deel van KSA se strukture nie, maar albei vervul ’n waardevolle rol in die ontwikkeling van jong talent.

“As die besluit gaan bly dat geen krieket vir die res van die jaar moontlik is nie, weet ek nie hoe hulle gaan oorleef nie,” sê Conrad.

“Dit maak nie vir my sin hoe kinders binnenshuis kan skoolgaan, maar dat dit nie moontlik is om krieket, ’n nie-kontaksportsoort, buite te speel nie.”

Conrad het met Netwerk24 gepraat voordat die regering besluit het om skole weer te sluit.

Die een ding waaroor Conrad nie bekommerd is nie, is dat KSA se talentidentifisering gaan agter raak as hulle ’n jaar verloor.

Die junior nasionale weke, soos die o.13’s, o.15’s en die 0.18’s vir seuns en meisies, is almal klaar afgelas, al sou hulle eers aan die einde van die jaar gespeel word.

“Ek sou bekommerd gewees het as ander lande normaalweg kon aangaan en ons die enigste land was wat nie kon speel nie,” meen Conrad.

“Nee wat, ons het uitstekende strukture om talent raak te sien. Een verlore jaar gaan dit nie skade doen nie. Daar is beslis nie spelers soos Hashim Amla of Temba Bavuma waarvan ons nie weet nie.”– Altus Momberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.