Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Koop, kuier hier

Die Residentia-aftreeoord in Bethlehem hou Saterdag (18/05) van 08:00 tot 13:00 by die oord ’n familie-basaar met optredes, uitstallers en kosstalletjies vir jonk en oud.

Daar sal ’n fotohoekie vir familiefoto’s wees en ’n springkasteel vir die kinders.

Die pannekoekverkoping begin om 09:00.

Lyndansers sal om 10:00 optree, waarna ’n set-set-kompetisie (putt putt) om 11:00 gehou word.

Die kosstalletjies sal onder meer pannekoek, kerrie-en-rys, gebak en boerewors­rolle ten bate van die sorgeenheid aanbied. Boerewors sal ook te koop wees.

Besoekers staan ’n kans om ’n knie­kombers te wen wat deur een van die inwoners, Johanna Coertzer, gemaak is. Lootjies kos R5.

Bespreking van stalletjies kan teen R50 gedoen word.

Skakel 058-303-8430 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.