Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Koppies-vroue se hande staan vir niks verkeerd

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Koppies-tak het die eerste keer sedert 2014 die jaarlikse area 1-konferensie in Koppies aangebied. Die geleentheid is deur al sewe takke onder area 1 bygewoon.

Tina Rossel, nasionale president van die VLU, Gerda Pienaar, president van die VLU in die Vrystaat, en presidente van ander areas het dié swierige geleentheid op Donderdag 15 April meegemaak.

Gaste is met handgemaakte plekmatjies en spekboompies trakteer. Die tema was “Vandag se uitdagings en môre se hoop”.

Eldorette de Klerk, neuro-afrigter en ’n boorling van Koppies, het ’n praatjie gelewer oor die funksies van die brein wat die alledaagse doen en late bepaal.

Die VLU is bekend vir sy verskeie kompetisies, en lede se handgemaakte produkte is op die geleentheid uitgestal. Altesaam 220 dosyn koeksisters, 190 hamburgers en 120 botteltjies slaaisous is gemaak en verkoop.

Lede van die Koppies-tak het hulle goed van hul taak gekwyt en met verskeie eerste plekke weggestap. Louren Roux het in die gevorderde handvlyt-afdeling die eerste plek behaal, terwyl Elize Boshoff die eerste plek in borduurwerk ontvang het. In die beginners-afdeling het Tanya Boshoff die eerste plek vir borduurwerk ontvang.

René Jonker het die eerste plek vir handvlyt behaal, en Elmarie Oosthuizen se inmaking, gebak en fotografie het haar in dié afdelings die eerste plek besorg. Sy het die meeste punte op die konferensie aangeteken en is as die algehele wenner in die beginner-afdeling aangewys. Die VLU se Kroonstad-tak was die algehele wenner, met Edenville in die tweede en Koppies in die derde plek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.