Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Krieketrekords spat in liga

WHDG Bethlehem Dorp 1 het rekords in die TMDC Andras Findt-50-boulbeurtliga op Saterdag 1 Desember by die Bethlehem-skouterrein laat spat.

Dié span het behoorlik stof in die oë van Kestell se span geskop deur hulle met 547 lopies te klop.

WHDG Bethlehem Dorp 1 het ’n eindtelling van 589 lopies vir die verlies van 6 paaltjies behaal.

Kestell se span was almal uit ná 12.5 boulbeurte en het slegs 42 lopies aangeteken.

Ruco Beneke, kolwer van die WHDG Bethlehem Dorp-krieketklub, het die hoogste individuele telling nog in die Oos-Vrystaat in dié liga aangeteken. Beneke het 275 lopies van 153 balle aangeteken. Hy het 35 viere en 11 sesse geslaan.

Jaco Esterhuizen het 101 lopies aangeteken van 54 balle. Thomas Gibson het 80 lopies aangeteken.

  • Willie Brits was Dorp se beste bouler, wat in 3 boulbeurte 4 paaltjies geneem het en slegs 16 lopies afgestaan het. In ’n ander wedstryd op dieselfde dag het Reitz vir Bethlehem Dorp 2 met 15 lopies gewen.

Reitz het eerste gekolf en 272 lopies aangeteken, almal uit ná 42 boulbeurte.

Bethlehem Dorp 2 het 257 lopies aangeteken vir die verlies van 9 paaltjies in 49.5 boulbeurte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.