Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Krieketspanne ding mee in liga

Die Lejweleputswa-krieketvereniging (LCA) se span het die Andras Findt Thabo Mofutsanyana Distrik-krieketvereniging se span met 70 lopies gewen.

Dié wedstryd was deel van die interdistriksliga wat Saterdag (06/10) by die Bethlehem-skouterrein plaasgevind het.

Die LCA-span het 176 lopies vir die verlies van 10 paaltjies aangeteken in 29,1 boulbeurte.

Die TMDC-span het 106 lopies aangeteken vir die verlies van 10 paaltjies in 24 boulbeurte.

Armand Kemp en Louis-Richard Langeveld het die beste boulsyfers vir die dag gehad.

Ruan van Schalkwyk en Marvin Cedras was dié span se beste kolwers.

  • Die Bethlehem-paneelkloppers T20-krieketliga het op dieselfde dag plaasgevind. Bethlehem Oudskoliere 1 het Harrismith met 175 lopies gewen.

Bethlehem Oudskoliere 1 het eerste gekolf en 208 lopies vir die verlies van 3 paaltjies in die toegelate 20 boulbeurte aangeteken.

  • Harrismith was almal uit vir 33 lopies. WHDG Bethlehem Dorp 1 het Bethlehem Oudskoliere 2 met 6 paaltjies gewen.

WHDG Bethlehem Dorp 1 het 131 lopies aangeteken vir die verlies van 4 paaltjies in 15,5 boulbeurte.

  • Bethlehem Oudskoliere 2 het 126 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in die toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Bethlehem Dorp 2 het teen Reitz gewen.

Bethlehem Dorp 2 het 51 lopies vir die verlies van 3 paaltjies aangeteken.

Reitz het 50 lopies vir die verlies van 9 paaltjies in die toegelate 20 boulbeurte aangeteken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.