Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Krieketspanne spook sake uit

Verskeie krieketspanne het die naweek sake uitgespook tydens wedstryde in die Andras Findt-50-boulbeurt­liga.

Saterdag (02/02) het Bethlehem Oudskoliere 2 die span van Kestell met 430 lopies geklop.

Oudskoliere 2 het eerste gekolf en 523 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in 45 boulbeurte aan­geteken. Kestell kon slegs 93 lopies aanteken.

Oudskoliere 2 se beste kolwers was Deon Schoombie (103 lopies van 36 balle) en Jaco Strydom (87 lopies van 37 balle).

Dié span se topbouler was Corné van der Merwe, wat 2 paaltjies in 10 boulbeurte geneem het en slegs 24 lopies afgestaan het.

Kestell se beste kolwer was Sipho Ndala, wat 18 lopies van 35 balle aangeteken het.

Die span se beste bouler was Vusi Ncala, wat 3 paaltjies geneem het in 10 boul­beurte en 99 lopies afgestaan het.

  • In nog ’n wedstryd het die span van Reitz die weermag se span met 64 lopies geklop.

Reitz het 241 lopies vir die verlies van 7 paaltjies in die toegelate 50 boulbeurte aangeteken.

Die weermagspan het 177 lopies in 35,4 boulbeurte aangeteken.

Die beste kolwers van Reitz was Jaco van der Merwe (78 lopies van 82 balle) en Wensel Coetzee (29 lopies van 25 balle).

Die span se beste boulers was Micheal Dwakaza (4 paaltjies in 5 boulbeurte met 35 lopies afgestaan) en David Harris (1 paaltjie in 8 boulbeurte met 31 lopies afgestaan).

Die weermagspan se topkolwers was Joey Swart (71 lopies van 50 balle) en Ricardo Perrin (33 lopies van 51 balle).

Die beste boulers was Thabo Mokoena (4 paaltjies in 6,4 boulbeurte met 22 lopies afgestaan) en Tshepo Motaung (3 paaltjies in 8 boulbeurte met 3 lopies afgestaan).

  • Bethlehem Oudskoliere 1 het die Masakhane-krieketspan met 7 paaltjies geklop.

Punteleer

Die punteleer was op Maandag 28 Januarie soos volg:

1. WHDG Bethlehem Dorp 1: 30 punte

2. Bethlehem Oudskoliere 1: 25 punte

3. Harrismith PP: 19 punte

3. Bethlehem Oudskoliere 2: 19 punte

5. WHDG Bethlehem Dorp 2: 15 punte

6. Reitz: 13 punte

7. Masakhane CC: 8 punte

8. Bethlehem weermagspan: 7 punte

9. Qwaqwa: 2 punte

9. Kestell CC: 2 punte

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.