Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kry jou hulp by die Here

Elkeen van julle weet dat dit Jesus is wat met Kersfees na hierdie wêreld van ons gekom het om vir ons as mense juis sy pad van lyding, pad besaai met probleme, te loop. Enduit tot by die kruis het Hy geloop om elke sondaar te red.

Aan die kruis het Jesus Christus gesterf, uit die graf het Hy opgestaan en na die Hemel het Hy opgevaar om daar vir elkeen van ons in te tree. Maar voor sy Hemelvaart het hy beloof volgens Matteus 28:20: “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Christus het beloof om by ons te wees, so by ons te wees dat Hy ook saam met ons ons probleme beleef en hanteer. Hy laat ons nie alleen met ons probleme nie. ’n Paar hoofstukke vroeër in dieselfde Bybelboek, Matteus: 11:28, staan daar geskrywe die uitnodiging van Jesus Christus aan elkeen van ons: “Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en ek sal julle rus gee.”

Probleme maak maak ons moeg en moedeloos. Maar daar is hulp. Gaan soek jou hulp by Hom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.