Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kry polis sonder moeite

Om vir ’n begrafnis­polis voorsiening te maak is die laaste ding op die meeste mense se lysie.

Die belangrikheid daarvan word nie so wyd verkondig nie – daarom besef baie mense dit nie.

Gerustheid vir jouself en die mense wat jy agterlaat, is baie belangrik.

Hoekom moet ek ’n begrafnispolis hê; dit is mos die mense wat agterbly se probleem, nie myne nie?

Is dít nie die meeste mense se redenasie nie?

Dink so daaraan: Jy is weg, jou mense is hartseer en verwerk hul verlies. Nou kom die onnodige bekommernis van geld vir ’n begrafnis bymekaar skraap by. Jy kan hulle daardie bekommernis spaar.

Dit is baie bekostigbaar om ’n polis by Martin’s-begrafnisdienste uit te neem. Daar is vele planne om van te kies, sodat jy op een kan besluit wat die beste by jou behoeftes sal pas.

Familie-, enkel- en grafsteen­planne word gebied. ’n Nkomo-plan (wat vir die bees begroot), asook kontant-uitbetalingplanne, is beskikbaar as jy dit wil bylas.

Die gewildste is die Member Plus-opsie, waardeur jy tussen ’n 5-, 9- of 13-plan kan kies. Dit bied die geleentheid vir nabye familie, soos jou oom of tannie, om gedek te word. Selfs mense 85 jaar en ouer kan gedek word.

Jy weet nou Martin’s-begrafnisdienste is bekostigbaar, aanpasbaar by jou behoeftes en sentraal geleë. Watter voordele is daar egter daaraan verbonde om Martin’s te kies? Hier is ’n paar:

  • eise word binne 48 uur verwerk;
  • eise word onmiddellik goedgekeur;
  • geen oproepsentrums hanteer eise nie – alle kommunikasie word van aangesig tot aangesig gedoen;
  • geen mediese ondersoeke word vereis nie;
  • Martin’s se personeel hanteer alle begrafnisreëlings, selfs die registrasie, en toepaslike dokumente;
  • die beste diens en gehalte word gelewer;
  • personeel is vriendelik; en
  • gratis vervoer word oor die land heen aan polishouers gebied.

Martin’s lewer ook die volgende dienste:

  • begrafnisse en verassings;
  • die aanbied van begrafnispolisse;
  • gedenkdienste;
  • die voorsiening van grafstene;
  • bystand met die eis van begrafnispolisse; en
  • 24-uur-beskikbaarheid in geval van sterfte.

Hoe neem jy ’n polis by Martin’s uit? Die maklikste is om die kantoor by 11 Greystraat in Bethlehem te besoek, waar die personeel jou kan help in die taal waarmee jy gemaklik is.

Hulle verduidelik al die opsies en vul die vorms vir jou in. Al wat jy moet saambring, is die afskrifte van die ID-dokumente van almal wat jy op die polis wil sit.

Sodra die wagtydperk verby is, kan jy met ’n geruste hart weet dat jy en jou familie gedek is.

Jy kan nooit weet wanneer jy al voorsiening moes getref het nie. Maak eerder vroeg­tydig plan sodat alles in orde is.

Onthou, Martin’s-begrafnisdienste is hier om jou te help en by te staan.

Die personeel dra jou belange op die hart en wil gemoedsrus in die goeie tye, asook die moeilike tye, verseker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.