Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kultuur leef voort in inperkingstyd

SMSe, WhatsApp-boodskappe, Zoom en video’s – dit waarteen ons altyd die kinders waarsku – word deel van my alledaagse lewe.

Hoe dan anders gemaak as die mat behoorlik onder jou voete uitgeruk word? Kinders het jou nodig, maar hoe gemaak om te kan oefen?

Die kunste gaan dan juis oor die vertel van stories, emosies en ’n gehoor. Kinders gryp na elke strooihalm om sin te maak van ’n omgekeerde, deurmekaar wêreld waarin hulle nie meer mág nie.

Kultuur mág nie tot stilstand kom nie – daarom maak ’n mens planne.

My wêreld wat eers gevul was met groepklasse vir klein en groot mag nie meer nie. Verskeie virtuele kompetisies word skielik ’n nuwe mode, en natuurlik maak ek, soos baie ander in my veld, daarvan gebruik. Ek leer vinnig die woord “Zoom” aan, en gou-gou zoom ek en die tienertoneelkinders heerlik en oefen ons kliphard, maar net op ’n nuwe manier.

Ma’s en kinders stuur vir my video-opnames, waarop ek dan terugvoering gee. Ek stuur stemboodskappe terug, asook voorbeelde van hoe dit gedoen moet word.

Sitkamers word omskep in “ateljees”. Die foon word jou vriend. Só leef kultuur dan voort in die inperkingstyd.

Met die gr. 12- en gr. 7-leerlinge terug op die skoolbanke kan daar weer direkte interaksie tussen afrigter en leerling wees.

Tog word ons steeds beperk, want die handhawing van sosiale afstand is sinoniem met die re?ls van hierdie tyd. Geen groepwerk word toegelaat nie, maar ons kan individueel met leerlinge werk en hulle weer op die verhoog kry om só ’n meer tasbare scenario te skep. Ek glo ons sal ’n nuwe era betree. ’n Era waar ons weer waardering vir dit wat eens vanselfsprekend was, sal ervaar. ’n Era waar die absurditeit van die tyd in teaterstukke uitgebeeld sal word. ’n Tyd van afwagting vir ’n soort normaliteit in die wêreld van die kunste.

Die nasionale inperking het die beoefening van kuns- en kultuur­aktiwiteite ’n lelike knou toegedien.

Ronelle van Heerden, ’n onderwyser en drama-afrigter van die Creative Dynamics-dramaskool in Bethlehem, deel haar gedagtes rondom die plek en waarde van kuns en kultuur onder jong mense, asook die uitdagings om passievolle jong dramastudente te lei en te motiveer te midde van die Covid-19-pandemie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.