Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kundige raad knou koorsblare

Daar is aspekte van die winter wat vir baie mense soos ’n straf voel. Om sake te vererger sukkel meer mense in die koue met koorsblare.

Aktiveerders vir koorsblare is onder meer uiterste temperature (hitte of koue), emosionele of fisieke stres, en ’n immuunstelsel wat onder druk verkeer.

Die herpes simpleks-virus is vir die ontstaan van koors­blare verantwoordelik.

Koorsblare kom algemeen binne die mond voor, aan die lippe, om die mondhoeke en aan die geslagsdele.

Die fokus van dié berig is op koorsblare wat aan die lippe of om die mondhoeke voorkom.

’n Onmiskenbare tinteling, asook ’n blasie met deurskynende vloeistof binne-in wat vorm en soms jeuk of selfs ’n steekgevoel veroorsaak, is kenmerkend van ’n koorsblaar.

Lippe kan bars, opswel of rooi vertoon. ’n Koorsblaar neem gewoonlik agt tot 12 dae voordat dit verdwyn.

Indien jy gereeld die slagoffer van die herpes-virus is en maklik koorsblare kry, kan jy die volgende voorsorgmaatreëls tref:

  • Wend ’n lipbalsem met ’n sonbeskermingsfaktor aan. Gehidreerde lippe is minder geneig om te bars en te kraak.
  • Versterk jou immuunstelsel deur vitamien C en sinktablette te drink.
  • ’n Inspuiting van vitamien B12 of vitamien B-kompleks kan deur jou dokter voorgeskryf word om jou immuunstelsel ’n hupstoot te gee.­

Algemene tuiswenke wat behandeling vir koorsblare bied

  • Plaas ’n ysblokkie op die koorsblaar.
  • Hou die hele deel wat beïnvloed word skoon deur ’n soutwateroplossing te gebruik.
  • Witdulsies, vanilla-essens of alkohol kan met ’n oorstokkie aangewend word, wat help met die koorsblaar se uit­drogingsproses.

Medisyne sonder voorskrif te kry

Sodra jy die eerste tekens van ’n koorsblaar voel of sien, is daar medisyne wat jy by jou apteek kan aanskaf sonder ’n voorskrif.

Middels wat jy kan oorweeg, sluit die volgende in:

  • Enige asiklovir-bevattende salf, soos Adco-acyclovir of Acitop.
  • ’n Room of jel wat kolloïdale silwer bevat. Onthou jy kan van die kolloïdale silwer ook drink.
  • Enige probiotika-kapsule kan oop­gemaak word en aan die deel wat beïnvloed is, aangewend word.
  • Belê in enige middel wat L-Lysine bevat. Jy kan dit vir die uitbreking van akute koorsblare gebruik om dit vinniger te laat genees. Indien jy gereeld sukkel, gebruik die middel wat L-Lysine bevat vir minstens drie maande, daagliks.

– Benita Jonker, apteker en eienaar van die Bethlehem- Mediese Sentrum-apteek

Versterk jou immuunstelsel deur vitamien C en sinktablette te drink.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.