Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kyk terug en sê dankie

Kersfees is ’n tyd van dankbaarheid en onthou.

Namate ek ouer word, verdiep Kersfees se betekenis vir my. Miskien is dit nostalgie – so ’n mengsel van dankbaarheid en hartseer oor die herinneringe van die verlede.

Of miskien omdat dit waaroor Kersfees gaan, vir my al hoe meer betekenis kry.

“Stille nag, heilige nag” – dit maak nie saak wie dit sing en in watter taal nie, ek raak nie moeg daarvoor nie. Kersliggies, Kersbome en Kersvader bring ook goeie herinneringe.

Met Kersfees sê ons weer vir mekaar dat ons God liefhet en ook ons familie .

Dit is ’n familiefees. Dan kom ons weer bymekaar en versterk die band tussen ons. Al loop dinge in ons gesinsverhoudings gedurende die jaar skeef, kry ons met Kersfees die geleentheid om weer nuut te begin en reg te maak wat verkeerd is tussen ons.

Op Kersdag maak ek ook tyd om ’n ent alleen te gaan stap.

Dan bid, sing en ontspan ek net in Sy teenwoordigheid.

Ek onthou weer die on­gelooflike dinge wat Hy vir my gedoen het en ek sê dankie vir ’n goeie jaar wat agter my is en die nuwe hoofstuk van ’n splinternuwe jaar wat dan voor my lê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.