Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laat sak kamera en wees deel

My kamera was nog altyd my beskerming teen dinge waarmee ek nie goed was nie. ’n Kamera gee afstand as die sogenaamde vierde muur in ’n toneelstuk. Wanneer ek agter my kamera is, is ek nie meer deel van dit wat voor en om my afspeel nie; ek word ’n waarnemer, en my ervaring word ’n onderwerp.

By spanbougeleenthede kon ek my onttrek van die aktiwiteite wat my liggaamlike opvoedings-onnies jare gelede aan my laespiertonus lyf probeer opdring het. By ander geleenthede was dDie kamera is ’n paspoort tot waarneming en waardering.

Synde ek nooit wil voorgee om atleties te wees nie, maar tog wil fiks bly, was parkrun ’n lekker Saterdag-uitkoms. Met die selfoon of kamera as verskoning kan ek stop of stap net wanneer ek wil – om foto’s te neem. Sommer van die roete of ander drawwers. Alles terwyl ek weer asem skep.

Onlangs by ’n parkrun in Durban word die selfoonlens weer my skuilplek. Rondom my speel die prentjie van die Reënboognasie af soos Desmond Tutu dit waarskynlik destyds gedroom het. Mense van alle kleure, ouderdomme, herkomste en gelowe kom saam om vir 5 km aan hul fisiek te werk, kop skoon te maak en gees te verrykwat die kop skoon maak vir die verstandelike, en uiteindelik die siel laat asemhaal – dus ook geestelike verryking.

Daar is ’n paar drentelende vakes, duidelik hierheen aangery deur ’n oorentoesiastiese eggenoot of minnaar. Aan die voorkant soepelstrek ’n paar aan-hul-uitrusting-erkenbarefikses. Agter, effens skroomvallig, gesels ’n paar dieet-dwangelinge oor die marteling wat wag, en tussen-in die superpa’s en -ma’s wat toekomstige marathonatlete in stootwaentjies meeneem om die gevoel te kry. Twee omies wat skaars kan loop met stokou Comrades-hempies aan. Die mosaïek van afwagtendes – reg om in die ervaring te deel.

Op die roete word gesels, ondersteun en bemoedig. parkrun-vrywilligers jil inspirasie na onbekendes. Stappendes stel hulself aan mekaar voor. Kinders vind maatjies. Deur my lens ontvou die storie van die land wat ons graag wil wees. Kan wees.

  • Hier is geen politici wat verdeling saai nie, geen plek vir korrupte amptenare nie, en geen ruimte vir verwyte oor die verlede nie – want hier doen elkeen sy of haar bes om beter as gister te wees. Nie beter as iemand anders nie, net beter as gister. En ek laat sak die kamera.

Want ek wil graag deel wees van hierdie prentjie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.