Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laat só geliefde se nagedagtenis voortleef

Hoewel ’n begrafnis of roudiens ’n groot rol in die rouproses speel, kan jy dalk voel daar moet ’n bietjie meer gedoen word om die oorledene se nagedagtenis te herdenk.

’n Mens wil nie hê jou geliefde moet vergeet word nie. Of hy of sy nou ’n groot verskil in die gemeenskap, kerk of selfs net in jou lewe gemaak het, Die volgende idees kan miskien help.

  • Neem ’n troeteldier by ’n skuiling aan

Dit is die perfekte manier om ’n lewe te red terwyl jy jou geliefde vereer.

Die aanneem van ’n weggooidier kan jou ook deur die moeilike tye met jou gevoelens van hartseer help.

  • Plant ’n boom ter nagedagtenis

Jy kan saadjies by die roudiens uitdeel wat almal in hul eie tyd kan gaan plant.

Kies ’n boom wat met die oorledene se geaardheid ooreenstem.

As die geliefde byvoorbeeld baie uitbundig en vriendelik was, kies ’n groot boom wat baie blomme dra.

Om te sien hoe dit groei sal berusting bring, en dit help boonop die omgewing.

Onthou ook van die “biotree urn” waarin jy die as kan gooi. Dit sal tot ’n boom van jou keuse groei.

  • Stig ’n beurs in die oorledene se naam

As jou geliefde baie gesteld was op geleerdheid, stig ’n beurs vir ’n kind in die oorledene se naam.

Vra familie en vriende om eerder geld vir die beurs te skenk as om blomme te gee.

Julle kan selfs saam as ’n familie geleenthede reël om nog geld in te samel.

Reël geleenthede soos koekverkopings of pretwedlope waaraan gesinne kan deelneem. Dit kan nuwe herinneringe skep om by die oues aan te las.

  • Maak gedenkstukke van die oorledene

Daar is baie skeppende maniere om jou geliefde te herdenk. Maak ’n kwilt van foto’s of ou kledingstukke.

Jy kan kerse maak – met of sonder woorde – of foto’s daarop aanbring. Jy kan selfs briewe en gunstelingartikels laat raam en ophang.

  • Maak juwele

Deesdae is daar baie juweliers wat ’n groot verskeidenheid juweliersware van die oorledene se as kan maak.

Jy kan selfs ’n hangertjie maak van die skrif vanuit ’n brief wat jy het.

Jy kan self iets ontwerp of van ’n reeks bestaande ontwerpe kies.

  • Kry ’n tatoeëermerk

Dit is die mees permanente manier om jou geliefde naby jou te hou. Jy kan ’n foto, of selfs iets wat jou aan die persoon herinner, laat aanbring.

Party tatoeëerkunstenaars sal selfs ’n bietjie van jou geliefde se as saam met die ink meng.

Met al dié unieke idees kan jy jou geliefde se nagedagtenis op skeppende maniere laat voortleef.

Elkeen is verskillend en kan ander idees vind wat vir hom of haar gemaklik sal wees.

Maak net seker jy gee jouself genoeg tyd om deur die proses te gaan sodat die metodes berusting sal bring.

Gee jouself
genoeg tyd om deur die proses te gaan sodat die metodes berusting sal bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.