Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Langasems lê talle kilometers af

Die Maluti-multisportklub se atlete het op 23 en 24 November talle kilometers gehardloop.

Nomvule Kubheka en Johannes Ralehasa het die Saterdag aan die Josiah Gumede-wedloop in Bergville deelgeneem.

Ralehasa het 21 km in 1:59 afgelê, met Kubheka kort op sy hakke in 2:00. Ralehasa het sy afdeling, vir 60 jaar en ouer, gewen.

Kenneth Maqala het die marathon in 4:55 voltooi.

Ses atlete van die klub het Saterdag aan die Kersiefees se wedloop in die Oos-Vrystaat deelgeneem.

Stephen Motaung het 23 km in 1:45 afgelê. Pakaisi Motaung, Mphirime Tshwarelo, Lydia Mosia, Ramohlo­koane Sebusiso en Solomon Motaung het ook gehardloop.

’n Groep atlete het Sondag die RAC City Lodge 32 km-wedloop in Randburg voltooi.

Stephen Motaung (2:40), Johan Motaung (2:34), Ngaka Selepe (2:30), Moeketsi Khasebe jr. (2:20) en Moeketsi Dlamini (2:20) het die wedloop aangedurf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.