Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Langasems pak pad vir ander

Die inperking het atlete van die Bethlehem-marathonklub aan verskeie uitdagings blootgestel. Só sê Henriëtte Nieuwenhuizen, ondervoorsitter van die klub.

Tog het Oos-Vrystaatse langasems ’n punt daarvan gemaak om virtuele wedlope – veral dié wat as geldinsamelingsprojekte vir plaaslike instansies aangebied is – te ondersteun.

Klublede het onder meer op Saterdag 5 September ten bate van die Tingeling-kleuterskool in Bethlehem die lang pad aangedurf, en weer op Saterdag 3 Oktober ten bate van die Laerskool Graanveld in dieselfde dorp.

“Die marathonklub probeer om binne en buite die dorp ondersteuning te bied, aangesien ons bewus is van die invloed wat die Covid-19-pandemie op verskeie instansies gehad het,” sê Nieuwenhuizen.

“Hardloop in die tyd van Covid-19 het tot meer as die gewone selfdissipline, fokus en geestelike veerkragtigheid gelei,” sê Marlize Bosch, voorsitter.

“In die hoër vlakke van die inperking was teleurstelling deel van ’n hardloper se dag, nog voordat hy of sy ’n tree afgelê het.”

Nieuwenhuizen beaam.

“Toe die inperking ingestel is, het ons almal nog hoop gehad. Aanvanklik het ek gehoop ’n inperking sal nie nodig wees nie, maar toe gebeur dit. Ek het gehoop die Comrades-wedloop gaan nog plaasvind, maar toe is dit gekanselleer. Die teleurstellings was groot.”

Die oggend toe vlak 1 van die inperking intree, kon klublede uiteindelik weer bymekaar kom.

“Ons het ’n reuse-opkoms van 24 atlete gehad – almal was honger vir hardloop,” sê Nieuwenhuizen.

“Hierdie is nou die nuwe normaal wat ons betree het, en ons vat elke dag soos dit kom en geniet weer ons hardloopfamilie.”

  • Die Bethlehem-marathonklub het verlede week ’n kennisgewing van Atletiek Suid-Afrika (ASA) ontvang dat atlete se aansoekvorms om registrasie by ASA voor 20 November vanjaar ingedien moet word.

Hoewel lisensies eers in Januarie 2021 beskikbaar sal wees, en betaling slegs vereis word ’n week voordat atlete hul nommer kry, kan klublede nou reeds aansoek doen en hul ledegeld voor 20 November betaal.

Die 2021-aansoekvorm is op die Bethlehem-marathonklub se Facebook-blad beskikbaar.

Lede word versoek om so gou moontlik die vorm uit te druk, in te vul en dit aangeheg by ’n e-pos na bhmmarathon@gmail.com te stuur.

Ledegeld vir 2021 is R350 per persoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.