Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leef saam om te oorleef

Dit was een van die koudste winters in menseheugenis, só lui die storie, en diere het weens die koue gevrek.

Die ystervarke was gelukkig. By hulle was daar ’n wyse gryse wat voorgestel het dat hulle bymekaar moet kom en styf teen mekaar lê.

Hulle het dit begin doen, maar gou het hul penne mekaar begin seermaak. Dit het al hoe moeiliker geword en hul rusies hieroor al hoe groter. Uiteindelik het hulle besluit om weer elkeen hul eie gang te gaan . . . en van hulle het begin doodgaan, koud en alleen.

Dit het hulle voor ’n eenvoudige keuse gestel: leer om met die penne van diegene na aan jou saam te leef of verloor alles.

Die groot waarheid vir ons tyd is dat lewe nie gebeur wanneer volmaakte mense bymekaar kom nie, maar wanneer ons leer om die waarde van die ander raak te sien en met mekaar se onvolmaakthede saam te leef.

Lewe kom wanneer ons vir mekaar sê ek kan nie sonder jou leef nie . . . ondanks . . .

Dalk is dit wat Paulus vir ons huwelik, werk, staat en gemeenskap in 1 Korintiërs 12:15-22 voorskryf. Ons het mekaar nodig om te oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.