Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leer kiek speel-speel

As leerling was Igno van Niekerk by die Bethlehem-kameraklub betrokke waar mense soos wyle Ian Bradshaw, Sakkie van Niekerk, Sannie Roux en Andries van Woerkom hom geïnspireer het om meer van fotografie te leer.

Eindelik het Van Niekerk self deeltyds fotografieklasse aangebied, maar hy was gefrustreerd omdat hy nie die lesse met studente kon opvolg nie. Aanvanklik het hy ’n webwerf begin, fotoskool.co.za, wat vandag nog aktief is, en waarby fotograwe hulle kosteloos kan aansluit; tog was daar steeds ’n behoefte om fotografie-opleiding prettig en interaktief te maak.

So is die kaartspeletjie FotoFUNatix gebore. Dit is ’n sosiale spel wat ’n mens die basiese beginsels van fotografie op ’n prettige manier leer. Spelers moet hul fotokaarte “verdedig” gegrond op “beginselkaarte,” wat op roterende basis deur ander spelers voorgelees word.

Kontak Van Niekerk by 083-376-1330 of igno@ignovanniekerk.com vir meer inligting.

  • Een leser kan FotoFUNatix wen deur hul naam en kontaknommer per e-pos na lynda.greyling@­volksblad.com te stuur.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.