Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerling wen nasionaal

Dané van Graan, ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Voortrekker, het ’n nasionale musiekkompetisie gewen.

Sy is die wenner in die senior afdeling van die Grahamstad- Nasionale Musiekkompetisie.

Sy deel hierdie eerste plek met Nadia Fokkens, ’n tjellis.

“Ek het glad nie verwag om te wen nie. Ek was een van die jongstes in die afdeling, maar ek is baie bly. Dit beteken baie vir my,” sê Dané.

Vir dié kompetisie moes Dané ’n repertoire van vier stukke hê.

In die eerste ronde van die kompetisie wat op Donderdag 20 Junie plaasgevind het, het sy Johann Sebastian Bach se Prelude and Fugue no. 10 Book 1 BWV 855 vir haar barok-werk gespeel en Frédéric Chopin se Nocturne Opus 27 no. 1 vir haar romantiese werk.

Op Vrydag 21 Junie het sy vir die tweede ronde die tweede en derde beweging van Wolfgang Amadeus Mozart se Sonata in C KV 330 gespeel, asook Claude Debussy se Reflets dans l’eau.

Van die 13 deelnemers van oor die land heen, het ses tot die halfeindronde deurgedring. In dié ronde het sy die werke van Chopin en Debussy gespeel. In die eindronde het sy haar oortuigende vertolking van Chopin gespeel, wat haar met die eerste plek laat wegstap het.

Dané sê sy neem al sedert gr. 2 klavierlesse.

“Ons het nog altyd ’n klavier in ons huis gehad en ek het baie lief geraak daarvoor om klavier te speel,” sê sy.

Sy sal in Augustus haar gr. 5 Unisa-eksamen aflê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.