Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerlinge leer meer oor loopbane

Meer as 2 500 matriekleerlinge van 38 Oos-Vrystaatse hoërskole het vanjaar die Rotariërs se jaarlikse loopbaanuitstalling op 10 en 11 Februarie bygewoon.

Weens die onrus in Qwaqwa kon die leerlinge van die Hoërskool Retief in Kestell nie die uitstalling bywoon nie. Die meeste van die leerlinge woon in Qwaqwa.

Altesaam 26 uitstallers het hul instelling in die Hoërskool Witteberg se binnenshuise sportsentrum verteenwoordig.

Bekende instellings soos die Universiteit van die Vrystaat (UV), Noordwes (NWU) en Pretoria (UP), wat van die begin af by die uitstalling betrokke is, was verteenwoordig. Die Nelson Mandela-Universiteit in Port Elizabeth was die mees verafgeleë instelling wat verteenwoordig is.

Hannes Oosthuizen, waarnemende hoof van die Hoërskool Witteberg, het die Rotariërs en die uitstallers bedank vir die geleentheid wat leerlinge gegun word om inligting te bekom rakende hul loopbane.

Dikeledi Mntambo, loopbaan­voorligtingskoördineerder van die Thabo Mofutsanyana-onderwys­distrik, sê leerlinge wat onseker is oor hul loopbaankeuse ná skool kry deur dié uitstalling die geleentheid om meer oor verskeie rigtings uit te vind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.