Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerskool sal gekoester word

As jong meisie het ek twee jaar gelede in Bethlehem ingestap en nie geweet hoe ek die enorme taak gaan aanpak om die redakteur van ’n gemeenskapskoerant te wees nie.

Vandag kyk ek met dankbaarheid terug met die 96ste uitgawe waarby ek betrokke was.

Ek groet die Oos-Vrystaat met dié uitgawe en wil dankie sê vir ’n ieder en ’n elk wat my laat tuis voel het.

Dankie vir die nuuswenke, foto’s en dié wat aan kompetisies deelgeneem het, die koerant gelees het, geadverteer het en dit afgelewer het. Die afgelope twee jaar was vir my ’n leerskool. By ’n gemeenskapskoerant leer ’n mens van talle se swaarkry in die omgewing, maar ook die goeie nuus. Ek sal nooit vergeet hoe ek gevoel het toe ek die eerste keer na ’n moordtoneel in die platteland geroep is nie. Die situasie het my soos koue water in die gesig getref.

Tog was die sielkundige se raad een van die beste lesse wat ek ooit kon leer: “As dié soort gebeure jou nie meer ontstel nie, moet jy weet jy het jou hart verloor. En dan moes jy reeds jou bedanking ingedien het.”

Om ná ’n lang dag ’n oproep te kry van ’n leser wat dankie sê vir wat jy vir die gemeenskap beteken, maak die druk van spertye die moeite werd. Dis hier waar jy besef, as jy nie ’n hart vir die gemeenskap het nie, is jy op die verkeerde plek. Dankie dat ek my passie op die platteland kon uitleef. Dié herinneringe sal ek vir ’n leeftyd koester.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.