Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lentedag ook inent-dag

Die registrasie en inenting van Suid-Afrikaners van 18 tot 34 jaar oud sal op dieselfde dag, 1 September, open.

Nicholas Crisp, adjunkdirekteur-generaal van gesondheid, sê hulle het uit ervaring met vorige ouderdomsgroepe geleer dat mense sommer op die dag dat hulle registreer ook ingeënt wil word.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand (25/07) aangekondig dat mense in dié ouderdomsgroep van 1 September af hul Covid-19-inentings sal ontvang.

Crisp sê registrasie is noodsaaklik, maar dit is jou keuse of jy vooraf wil registreer en of jy ’n kans by ’n inentingsentrum wil waag en daar registreer.

“Niemand kan ingeënt word sonder om te registreer nie, maar jy kan ook by die sentrum self registreer,” sê hy.

“Vooraf-registrasie verminder die tyd wat jy by die sentrum deurbring en die stelsel kan dan vir jou ’n afspraak skeduleer eerder as dat jy ’n kans moet waag deur net by ’n sentrum in te stap.”

Volgens hom word mense wat net instap by alle sentrums toegelaat, maar dié met afsprake sal voorkeur kry.

Indien daar genoeg dosisse entstof is, sal voorkeur vir toediening volgens ouderdom bepaal word nadat dié met ’n afspraak geholpe geraak het, sê hy.

Mense wat afsprake maak, word dus eerste ingeënt, dan mense van 60 jaar en ouer, gevolg deur mense van 50 tot 59 jaar oud, ensovoorts.

Ramaphosa het ook Sondagaand gesê in die volgende twee tot drie maande sal na verwagting 31 miljoen dosisse van Johnson & Johnson (J&J) en Pfizer se entstowwe in die land aankom.

Volgens Crisp sal die J&J-entstof steeds aan mense in die plattelandse gebiede gegee word, terwyl stedelinge Pfizer sal ontvang.

Hy sê die moontlikheid bestaan wel dat sentrums in die stede ook J&J sal kry as voldoende hoeveelhede beskikbaar is en dat pensioentrekkers ook die entstof by uitbetalingspunte van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) sal ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.