Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leser kan boek wen

Bart de Graaff se boek, Ware mense, vertel van die sistemiese geweld wat oor eeue heen teen die Khoi-Khoin-groep gepleeg is.

De Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibië gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Dié boek is die resultaat van sy onderhoude.

De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en sy vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van die bogenoemde leiers gehad het.

In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke.

Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.

Vrystaat Nuus/News gee met die samewerking van Protea Boekhuis dié boek weg.

Beantwoord die vraag om die boek te wen: Wat was Bart de Graaff se oogmerk toe hy Suid-Afrika en Namibië in 2015 en 2016 besoek het?

  • Om in te skryf, stuur jou naam, van, naam van jou dorp en die antwoord na 083-395-3327, of stuur ’n boodskap op Vrystaat Nuus/News se Facebook-blad.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.